LettersOpinion

Albemarle inwoners is baie gelukkig

Inwoner bedank die Germiston polisie.

“Gelukkig”, Albemarle skryf:

Ek wil asseblief net die Germiston polisie bedank vir hulle diens in ons Albemarle omgewing.

Ons het onlangs ‘n familie braai gehou en daar het van die motors buite die erf geparkeer.

Ons het teen skemer die polisie sirene voor ons hek gehoor, ons het oop gemaak en die beampte het ons gevra om asseblief eerder die motors in te trek, omrede dit ‘n maklike teiken is vir diewe.

Ek was baie beindruk deur die optrede.

Sondag-aand, 2 Maart, omtreeks 11nm, het ek wakker geword van sirene en blou ligte in die erf.

My man het onmiddellik uit gegaan om te gaan kyk wat aangaan.

Die konstabel het hom toe ingelig dat ons hek oopgestaan het, en dat dit vir hulle vreemd was.

Hulle het gewag dat hy eers alles mooi nagaan om seker te maak dat alles reg was in die erf, voordat hulle aangegaan het met hul patrolie.

Ek wil net sê dankie, julle is tops, en ek dink julle doen puik werk om ons omgewing veilig te maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button