Editor's choiceEntertainmentLifestyle

Kom sing en dans met Krone 4

Daar gaan groot pret wees by Krone 4.

Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City, kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n moewiese saamsing-jol wat op 28, 29 en 30 Julie by Carnival City se Big Top Arena plaasvind.

Vanjaar is daar ook nuwe gesigte wat op die planke te sien is.

Deon Groot, Elandré Schwartz en Lieflinge is van die nuwe gesigte wat by ou staatmakers soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron en Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse en Ricus Nel gaan aansluit.

“Konsertgangers kan solank gereed maak vir die jol van die jaar.

“So ’n paar ander verrassings wag ook,” sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4.

Volgens Schoombee, kan konsertgangers na meer as 110 treffers uitsien.

“Ons bekroon die treffers by dié konsert. Van Laurika Rauch se tydlose ‘Stille Waters’ tot ons hedendaagse treffers,” sê Schoombee.

Tydens die konsert verskyn al die lirieke van die liedjies wat gesing word op die grootskerms. Die gehoor kan dan na hartelus saamsing en die partytjie is dan net soveel groter en lekkerder. Dis die grootste sterre op die grootste verhoog en jy kan saamsing.

“Ek dink dít is wat Krone anders maak as jou normale konserte.

“Die feit dat die gehoor die lirieke woord-vir-woord saam kan sing, omdat daar skerms is wat dit vertoon,” sê Ernst Kleinhans, organiseerder van Krone.

 

Other  articles you may be interested in:

Dancers set to get your pulse racing

Time to rock at the Big Top Arena

Related Articles

Back to top button