Editor's choiceNewsSchools

Charlize bereik landsfinaal

Graad 12 leerder gaan in die ATKV landsfinaal deelneem.

Dis nie die grootpraters nie, maar die beste orators wat sake weer by vanjaar se ATKV landsfinaal in Augustus gaan uitspook.

Na talle streekskompetisies waaraan duisende deelnemers deelgeneem het, is daar nou net 20 finaliste oor wat mekaar op 11 en 12 Augustus die stryd gaan aansê om as Suid-Afrika se beste redenaar gekroon te word.

Charlize Herman, ’n graad 12 leerder aan Leeuwenhof Akademie, is een van die finaliste en gaan hierdie jaar vir die vierde keer in haar skoolloopbaan na die ATKV se landsfinale kompetisie.

“Om landsfinaal te haal is vir my elke keer ’n ongelooflike ervaring en ek’s baie dankbaar vir die geleentheid om saam met die room van redenaars te kan optree,” het Charlize geantwoord op ’n vraag oor haar prestasie.

Charlize het in graad sewe die landsfinaal gewen, ’n tweede plek verower in graad nege en verlede jaar in graad 11, was sy in die Top 10 in die land.

Die doel van die redenaarskompetisie is om Afrikaans onder leerders te bevorder en hulle te bemagtig om in Afrikaans ’n leidende rol te speel.

Charlize neem aan die onvoorbereide afdeling deel.

Deelnemers kry eers op die dag van deelname die tema of onderwerp en dan moet jy self binne drie uur alles voorberei sonder die hulp van enige iemand of soekenjins en daarna jou standpunt gaan stel voor die gehoor en natuurlik die beoordelaars.

Vanjaar se landsfinaal word by die ATKV Buffelspoort oord aangebied.

 

Jy kan ook lees:

Local boys help school’s rugby teams dominate at top competition

Related Articles

Back to top button