NewsSchools

Laerskool Oosterkruin hou partytjie

Laerskool Oosterkruin Primary hou ’n groot fees vir die skool se 25ste verjaarsdag.

Negentien-drie-en-negentig het die stigting van ’n nuwe skool op die Oosrand gesien.

Laerskole Maria van Riebeeck, AJ Koen en Johan Greybe het saamgesmelt en Laerskool Oosterkruin het ontstaan.

Die nuwe millennium, die jaar 2000, het die Graad R skool, Osieland, geopen en is reeds drie klasse sterk.

Skryf jou vyf-jarige nou in en word volgende jaar deel van ’n asemrowende skool.

André du Plessis was die hoof tot 1998. Chris Kruger is in sy plek aangestel en is tot vandag toe nog aan die bestuur van ’n baie suksesvolle skool.

Laerskool Oosterkruin se konstante groei in leerder- en personeelgetalle is bewysse dat die skool hoog in die gemeenskap aanbeveel word.

Hier kry leerders ’n goed gebalanseerde onderrig met akademie, sport en kultuur as die drie hoekstene waarop onderrig gebou word.

In 2016 het die skool hul eerste Engelse Graad Een klas tot stand gebring en vandag is die skool bekend as Laerskool Oosterkruin Primary.

Die skool se waardes, dissiplinêre en geloofsbeginsels het in die skool se 25-jarige bestaan onveranderd gebly.

Hier is elke kind steeds ’n prioriteit.

 

LEES:

Great victory for Laerskool Oosterkruin

Watch: No sleeping on the job for Laerskool Oosterkruin learners

 

Die skool vier 25 suksesvolle bestaansjare hierdie jaar en nooi ieder en elk, groot en klein, jonk en oud om ’n adrenaliengevulde feesdag saam met hulle te vier.

Daar sal verskillende stalletjies wees, van lekker koeke tot handgemaakte Kersfeesgeskenke, juwele tot dogtertjie rokkies, skilderye tot speelgoed.

In die kosafdeling gaan daar vir elke smaak iets wees, van hamburgers tot ribrolle, spookasem tot toffieappels, koffie tot slush puppies.

Die pret stop nie daar nie. Vermaak vir die dag sluit ’n meganiese bul, dompeltenk, Velcro klimmuur, karnavalspeletjies, om maar net ’n paar te noem, in.

Daar gaan hope kompetisies vir die fikse en gespierde mans en vroue, om nie eers van die pa met die grootste bierpens te praat nie, wees.

Groot pryse kan gewen word.

As jy bekend staan as die potjiekoning onder jou mense, kom wys die ander hoe en slaan ’n lekker kontantprys van R3 000 met jou potjie los.

Die kaskarresies gaan die grootste pret wees vir sowel ouers as kinders.

Die Oosterkruin onderwysers gaan ook ’n melodrama opvoer: ’n sensasionele dramatiese stuk met oordrewe karakters en opwindende gebeurtenisse.

Aan die einde van die dag is daar die kleurfees, kompleet met gaskunstenaars en ’n opskop om ’n heerlike dag propvol pret en plesier op die regte noot af te sluit.

Hierdie beloof om die beste verjaarsdagpartytjie ooit te wees. Moet dit nie misloop nie.

Kom na Laerskool Oosterkruin se sportveld in Clarence Laan, Sunnyridge, op 3 November vanaf 8vm en sien hoe hou Oosterkruin partytjie.

 

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Melissa Hart (Editor) germistoncitynews@caxton.co.za or Leigh Hodgson (News Editor) leighh@caxton.co.za or Kgotsofalang Mashilo (journalist) kgotsofalangm@caxton.co.za

Remember to visit the Germiston City News on the following social media platforms:

Facebook

Twitter

Instagram

YouTube

Or add the GCN on WhatsApp 079 406 1181 or BBM (BBM Pin: 7F102137) today, to get all the latest news.

Catch-up on more local news with our sister newspapers Bedfordview Edenvale News, Alberton Record and Kempton Express.

Related Articles

Back to top button