Editor's choiceNewsSchools

Kaartjies verbly harte

Leerlinge by die Laerskool Elspark is gelukkig met hulle Bobby van Jaarsveld en Franja du Plessis vertoning kaartjies.

Drie Laerskool Elspark leerlinge het Vrydag met breë glimlagte en ’n lekker verrassing in die skooltas hul ouerhuise binne gestap.

Abigail Nel, Kayla Butler en Marnus van Staden is die gelukkige wenners van vyf kaartjies na Bobby van Jaarsveld en Franja du Plessis se vertoning wat vandeesweek plaasvind.

Die vertoning vind Vrydag, 4 November, by die Woord en Lewe Auditorium, in Sunward Park, Boksburg plaas.

Anro Ras en Romandie Schnepel, van Armandi Events, in samewerking met Savvy Adds en die Germiston City News, het die kaartjies aan Abigail, Kayla en Marnus oorhandig, saam met ’n verdere 200 kaartjies wat aan die skool geskenk is.

Hierdie kaartjies is onder die graad sewe leerlinge en Elspark personeel uitgedeel.

Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by Computicket.

 

Jy kan ook lees:

Team gets helping hand

Spanne blink uit by toernooie

Related Articles

Back to top button