Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand besoek SAVF Die Anker ouetehuis

Solidariteit maak die inwoners van SAVF Die Anker ouetehuis se Valentynsdag spesiaal.

Die Hoop in aksie-projek wat op Sondag, 14 Februarie, deur Solidariteit Helpende Hand Germiston gehou is, was ’n reuse sukses.

Dit was ’n Valentynsdag wat die bejaardes van die SAVF Die Anker vir lank sal onthou.

Die bejaardes was skoon stout gewees met die lekkergoed en het die pakkies onder die tafel weggesteek en so onskuldig gesê: “Ons het nog nie gekry nie.”

“Dit was so wonderlik om weer die glans in hulle oë te sien,” het Natasha Viljoen, van Solidariteit Helpende Hand Germiston, gesê

“Dit was ’n groot trots en eer, en ons sê dankie dat die ouetehuis ons met sulke groot, ope arms ontvang het.”

 

Related Articles

 
Back to top button