Local newsNews

Helpende Hand kuier saam met ‘Helpende Vingers’

Inwoners is lekker bederf vir Kersfees.

Inwoners van SAVF Die Anker-tehuis is verlede Saterdag deur Solidariteit Helpende Hand Alberton bederf, met ’n kleurvolle en gesellige Kersparty, geskenke en pryse wat gewen kon word.

Rina Pretorius, van Jolly 4 Jesus, was die gaskunstenaar en Tiaan Kellerman, Mnr Gauteng, het baie tannies se harte bly gemaak deur saam met hulle te poseer vir foto’s.

Cornelius en Wilma Grobler, wat 53 jaar getroud is, is met ’n geskenk bederf.

In hedendaagse tye is so ‘n lang huwelik ’n wonderwerk.

Toe die inwoners gevra is om wyse woorde met almal teenwoordig te deel, het hulle geantwoord dat ’n mens jou gesondheid moet koester en die lewe moet geniet, wat ’n mens se omstandighede ook al mag wees.

Die bejaardes het ook die gebreide seekat, wat deur Maureen Kemsley geskenk is, baie kreatief herdoop as “Helpende Vingers”.

Helpende Hand Alberton wil graag ’n spesiale dankie sê vir Maureen, wat die pragtigste gebreide diertjies en poppies geskenk het, asook vir Sue Erasmus en Sanchi Leibach, vir die héérlike tuisgebakte kolwyntjies en muffins.

Judi Muller (voorsitter) en Hennie Potgieter (ondervoorsitter) wil ook graag hul Helpende Hand-spanlede bedank vir hul tyd, omgee en passie.

“Dit is ’n voorreg om met hulle saam te werk,” het Judi gesê.

Vir meer inligting oor die Alberton-tak, kontak gerus vir Hennie op 082 926 4161, of stuur ‘n epos na shh.alberton@gmail.com

Other articles you may be interested in:

Vroeë Kersfees vir Kinross

Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button