Oefenkamp hou akteurs vlymskerp
Hoërskool Nylstroom se dramaleerders het nie die afgelope vakansie gras onder hulle voete laat groei nie. Die dramagroep:
Die Nylies se dramagroep het die
afgelope vakansie ’n oefenkamp gehad. Voor is Debbie Vermeulen, Thinus Pretorius, Annica Higham en Gabby Greeff. Agter is Gideon Joubert, Pieter van Heerden, Willem Scott, Ruan Herselman en Joshua Vermeulen.
“Die boem in die boks” het van 7 tot 8 Julie gaan kamp by Bosveld-wegbreek.
Die doel was dat die groeplede mekaar beter leer ken en om hard aan hul toneelstuk te oefen vir die kwartaal se optredes.
Die groep is vergesel deur hul afrigters, Annica Higham en Thinus Pretorius.