Klein Pikkewyne wys hul kreatiewe kant

Die Klein Pikkewyn-kleuterskool in Bela-Bela het op Vrydag, 5 Julie, hul sprokieskarakter-dag gehou en die leerders kon soos hul gunsteling karakters aantrek.

Daar was heelparty prinsesse en superhelde. ’n Paar feetjies het ook rond gedartel en helde uit strokiesprente is ook gesien waar hul prinsesse red.

Die twee superhelde wat vir klein ‘Elsa’ (Megan Vorster) beskerm is Regardt Jordaan, en Janru de Beer.
Die feëprinsesse is Zeanè Nagel, Mia Ebersohn, Ona Kwadu, Tinita Swanepoel, en Emma Gomes.
Leerders van die naskoolsentrum deel in die pret. Links is Franco Gunther, Marinel de Bruin, Jandrè Barnard, Debbi Kemp, Michelle Erasmus, Gustav Kemp, Samantha Erasmus, Azalea Eybers, Logan Vorster, Jandrè Oosthuizen, Anè Gunther, en Werner Laubuschagne.
Exit mobile version