Kwaggas troef Amandelbult

Die Kwaggas kon daarin slaag om hul eerste weg-wedstryd sedert 26 April met ’n oortuigende oorwinning te beklink. Die span het verlede Vrydag, 7 Junie geseëvier met ‘n telling van 27-7 teen Amandelbult.

Die afrigter van die Kwaggas, Chris Goosen, is baie trots op die spelers wat almal hul harte uitgespeel het. Tyrone Goods van die Kwaggas is aangewys as beste voorspeler van die wedstryd en Dawie de Jager as beste agterspeler.

Die span draf op Vrydag, 5 Julie op hul tuisveld by Hoërskool Warmbad uit teen Siyanda. Ondersteuners is welkom.

Related Articles

Back to top button