Editor's choiceLifestyle

Bederfdag vir pensionarisse

Die organisasie Waterberg 4 Jesus bied op Moedersdag ’n ete aan vir dertig pensionarisse.

Inwoners in die gemeenskap het bygedra om dié dag ook vir die pensionarisse, waarvan sommiges slegs ’n SASSA-pensioen kry, spesiaal te maak.

Die bederf-ete word op Sondag, 12 Mei in die dorp se boeresaal gehou. Elke moeder ontvang ook ’n gebreide serp en ’n mussie om hulle warm te hou gedurende die komende wintersmaande.

Daar sal ook ’n lekkerny vir die soettande wees.

Inwoners wat die projek wil ondersteun, kan ’n ete of twee borg, musse of serpe skenk, ’n finansiële bydrae maak of net die dag saam kom kuier.

Vir meer inligting skakel of stuur ’n Whatsapp-boodskap aan Dalene Rothman by tel. 071 530 3687.

Related Articles

Back to top button