Die kleuters het aan Estelle Paul, skoolhoof en eienaar, se lippe gehang toe sy vir hul die ware betekenis van Paasfees vertel het.
Sy het ook aan die kleuters gesê dat die wit ballonne ’n simbool is van Jesus wat opgestaan het en daarom vier ons fees want Hy leef.
Daarna het die Klein Pikkewyne heerlik gesmul aan lekkernye.