LifestyleLocal Lifestyle

Hoe lyk jou Kersdag?

Die Pos het by inwoners in Modimolle gaan aanklop om te hoor wat hulle vir hierdie Kersfees beplan.

Alida van Heerden.

Alida van Heerden, onderwyser by Hoërskool Nylstroom:

Oukersaand is ’n groot familiekuier en ete en ons herleef herinneringe van die jaar wat verby is. Ek beplan om ’n mooi, keurige tafel te dek met baie kerse en liggies. Kuiertyd is vir die Wolhuter- en Van Heerden-families baie kosbaar.

Rita Noeth.

Rita Noeth, inwoner van Kokanje-aftreeoord in Modimolle:

Ek en Nick sal ons seun, skoondogter en twee kleinkinders by ons hê. Hulle breek gewoonlik ’n bietjie weg van hul gejaagde lewens in die stad om te kom asem skep in die Bosveld. Ons sal seker ’n vleisie braai met lekker slaaie en nagereg. Daar is ook ’n spesiale Kers-buffetete wat Kokanje-inwoners reël. Almal bring vleis-, slaai- en nagereg om te deel. Dalk doen ons dit hierdie jaar. Ons gee lankal nie meer vir volwassenes geskenke nie. Die kleinkinders kry ietsie kleins en ’n geldjie om self iets te koop.

Ursula van Staden.

Ursula van Staden, eienaar van Hunky Dory Shoppe in Modimolle:

Ons beplan vanjaar ’n heerlike wegbreek George toe — dit is ’n eerste. Ons gesin is hierdie Kersfees voltallig en my hart klop ‘chocolates’ daaroor. Ons gee nog geskenke, maar klein persentjies wat sê: “Ek gee om; ek waardeer jou; jy is spesiaal”. Ons gaan vanjaar iets nuuts doen. Ons het besluit op ’n geskenk van ’n spesifieke bedrag. Dan gaan ons nommers trek en jy mag dan die geskenk wat jy trek hou, of vra vir iemand anders s’n. Ons moet leer om te kan ontvang, maar ook om te laat gaan. Desember is my gunstelingmaand.

Annie Chauke.

Annie Chauke, teacher at Lekkerbreek Primary in Modimolle:

I will be at home in KwaNdebele. I live with only my sister and her children. I am the breadwinner so I cannot expect her to give me any gifts, but I will buy small presents for everyone at Shoprite. There are a few children in my class I will give gifts to as well.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button