Skeie klap in skole-liga

Die jukskeipelers van vyf skole het mekaar onlangs die stryd aangesê en Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het nie minder nie as agt spanne ingeskryf.

Daar is meegeding teen Hoërskool Pietersburg, Tom Naudé en Heuwelkruin van Polokwane, asook Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi.

Frederick Rademeyer van Hoërskool Piet Potgieter in aksie.

HPP se o.16-span het teen Hoërskool Pietersburg se o.19-meisiespan te staan gekom. Die span van Polokwane spog met twee nasionale spelers in hul span. Die HPP-span het hul staal gewys en met 22-21 gewen. Die span van Hoërskool Pietersburg was tot dusver onoorwonne in die liga.

Du Preez Coetzee van Hoërskool Piet Potgieter gooi na die pen.

HPP se tweedespan het ook almal verbaas toe hulle drie van hul vyf wedstryde gewen het. Dit was die eerste keer dat hulle in die liga gespeel het. Die finale uitslae in die liga is nog nie bekend gemaak nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button