Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.
Hoërskool Nylstroom se o.15-hokkiespan het op Saterdag 29 Julie koning gekraai in die kleinskole afdeling van die Noordvaal-toernooi by Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Die Nylies het dié gesogte trofee omhoog gehou toe hulle in die semi-finaal teen Hoërskool Frans du Toit van Phala-
borwa gespeel het en oortuigend met 4-0 gewen het. Lebo Monyela en Buhle Mananga het elk twee doele aangeteken. Hulle het die span van Hoërskool Hendrina in die finaal met 3-2 gewen nadat Buhle Mananga twee doele laat klap het en Jessica Putter nog een verby die doelwagter ge-
skiet het. Die span se kaptein is Marilize Steenkamp en onderkaptein is Liandi du Plessis. Hulle word afgerig deur Celeste Pretorius en Nicky Fourie.