EntertainmentLifestyle

Buite-Ekspo weer by Sondela

Die kykNET Buite-Ekspo word weer die naweek van 28-30 Julie by die Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela aangebied.

Nie net bied hierdie terrein verskeie unieke geleenthede om die ekspo baie interessant te maak met tientalle aktiwiteite vir oud en jonk nie, maar is dit is ook slegs 80 km vanaf Pretoria, reg langs die N1-snelweg by die Bela-Bela-afrit geleë.

Die opkoms by die kykNET Buite-Ekspo Wes-Kaap in Maart 2023 was ’n verbysterende meer as 22 000 besoekers wat dit by verreweg een van die grootste buitelewe-ekspo’s van sy soort in Suid-Afrka maak.

Hierdie Limpopo-geleentheid is spesifiek gemik op buitelewe-, kampering- en 4×4-entoesiaste en die hele gesin is welkom. Dit is ’n volwaardige buitelewe leefstyl-ekspo en bestaan nie net uit buitelewe-uitstallers wat die heel nuutste produkte op ’n baie unieke manier uitstal nie, maar bied ook baie opwindende aktiwiteite om die hele gesin besig te hou. Dit sluit in die Hankook 4×4 “Extreme-kompetisies” (waar die publiek ook mag deelneem), André de Villiers van André 4×4 se hindernisritte, Action Ford Modimolle se splinternuwe Ranger Raptor-ervarings en helikopterritte.

Iets heel nuuts vanjaar is die GT Camper Sportpark Ommivuur. Dit sal geanker word deur die bekende Toks en Tjops aanbieder Hamilton Wessels en ’n paneel persoonlikhede wat sal rugby gesels en stories vertel terwyl die Springbokke teen die Pumas (Argentinië) se wedstryd regstreeks uitgesaai word op die grootskerms.

Daar tree ook puik kunstenaars op soos Pieter Smith, Fatman, Soné Joubert, Droom Sindroom, Dewald Dippenaar, Jennifer Zamudio, Arno Jordaan, Pieter Koen, Jakkie Louw, Charne Grabie en Riaan Grobler wat ook die programleier is vir die naweek. Almal word geborg deur Hankook Tyres.

KykNET se gewilde sepies (Binnelanders en Diepe Waters) se karakters sê mekaar die stryd aan in ’n baie spesiale potjiekoskompetisie, aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces. Terwyl die sterre bepaal watter sepie koning kraai in die kompetisie, sal die pu-bliek op ’n baie unieke manier kan skouers skuur met hul gunstelingsepiesterre en ook deelneem aan die pret.

Die kinders word vermaak met ’n pretpark, asook ’n optrede van Bee Bee die By op die verhoog en ouers kan hulself met gemoedsrus geniet. Kom geniet ook kameelritte en ’n rit op die Hankook Big Mama-monstertrok. Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met ’n groot Ketelkraal-kroeg- en biertuingeriewe, asook ’n 1659 Wyn-en Kuiertuin.

Vir die heel eerste keer bied GT Camper, in samewerking met Trio Events, ’n KykNET Buite-Ekspo GT Camper-gholfdag aan by Koro Creek. Dit vind op Woensdag 26 Julie plaas.

Kontak vir Elmien om deel te neem of as borge betrokke te raak by tel. 072 588 1127 of stuur ’n e-pos na sales@gtoffroadtrailers.co.za(.)

Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekerskaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke).

Enige navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of bel haar direk by tel. 072 487 0000.

Related Articles

Back to top button