EntertainmentLifestyle

Boeremusiekfees laat die voete jeuk

Die voete het behoorlik gekriewel tydens die Boeremusiekfees wat op 16 en 17 Junie by die Olifant Oase buite Mookgophong plaasgevind het.

Volgens Ciska Jooste, organiseerder van dié joligheid, was daar nege boereorkeste wat saam gespeel het. Deon van der Merwe was die seremoniemeester en gewilde en bekende gesigte in die bedryf soos Pieter Bodenstein was ook daar om dié besondere musiekgenre te bevorder.

“Ons doel was om boeremusiek verder bekend te stel en nie vir orkeste om teen mekaar mee te ding nie. Ons het die Bosveld-boeremusiekfees aangebied en daarmee saam nou ook die Olifant Oase-fees,” het Jooste gesê.

Volgens die organiseerders het sowat 1 000 mense die fees oor die twee dae besoek en daar is tot laataand gekuier en gedans. Behalwe vir die tradisionele boeremusiekinstrumente was daar ook ander interessante musiekinstrumente waaronder ’n ou traporreltjie.

Lede van verskeie boereorkeste wat tydens die boeremusiekfees opgetree het.

Die feesgangers kon kies en keur tussen die talle kosstalletjies. Saterdagaand was daar smullekker potjiekos op die spyskaart.

Volgens die boeremusiekgilde se webbladsy het die term “boeremusiek” eers in die tweede helfte van die 20ste eeu onstaan. “Loop ’n mens terug op die spoor van die musiek wat as boeremusiek bekend geword het, blyk dit dat die setlaars hul volksmusiek en –instrumente uit die stamlande gebring het. Musiek uit dié tyd is beïnvloed deur musiek en danse wat die stamlande verteenwoordig het.”

Related Articles

Back to top button