Lifestyle

De Ruyter se ‘rillerboek’ nou op die rakke

Die Leeskring in Modimolle is ’n toevlug vir enige boekwurm.

Met koue aande en beurtkrag wat menige inwoners se planne in die wiele ry, is ’n goeie boek (en ’n kopliggie!) ’n goeie alternatief.

Die Leeskring het ’n groot hoeveelheid nuwe boeke gekoop. Die nuwe Afrikaanse boeke wat hulself gemaklik op boekrakke gemaak het. sluit in:

Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard, Katvis van Annelie Botes, Stom gode van Dibi Breytenbach, Diana se dag van Helene de Kock, Die lang papawer van Kristel Loots, Bloedbande en Die oseaan tussenin, albei van Jeanette Stals, Die laaste kanariegeel dagboek van Anchien Troskie en die Geheim van die gruwel wand van Zirk van den Berg.

André de Ruyter se Truth to Power.

Op die Engelse rakke is die volgende boeke nuut uitgepak:

Simply Lies van David Baldacci, I Will Find You van Harlam Coben, Desert Star van Michael Connelly, Night Shift van Robin Cook, Truth to Power van André de Ruyter, Hunting Time van Jeffery Deaver, My Darling Daughter van J.P. Delaney, Find Her van Lisa Gardner en Dawnlands van Phillipa Gregory.

Johanthan Kellerman se Unnatural History en Again, Rachel van Marianne Keys, Pure Evil van Lynda la Plante, Still Standing van Stephen Leather, No One Saw It Coming van Susan Lewis, Someone Else’s Shoes van JoJo Moyes, Killing Moon van Jo Nesbo, Cry of the Kalahari van Delia Owens, Death of the Black Widow wat deur James Patterson geskryf is, Mad Honey van Jodie Piccoult, Atlas: The Story of Pa Salt written by Lucinda Riley, Cold Blooded Liar en Quarter to Midnight, beide van Karin Rose, Girl Forgotten van Karin Slaughter en Nemesis van Wilbur Smith is ook beskikbaar.

Die Leeskring is op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 oop. Boeke kan geleen word teen R10 per boek. Die plek is geleë in Steve Tshwetestraat 13 (die ou Hospitaalstraat) in Modimolle.

Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Back to top button