Finance Advice

Oppas vir die KWB-slaggat

Min dinge krap soos iemand wat sy hand in jou sake of sakke steek. Die tamboer se slae dra nuus van oral aan. Vandag val die houe op geldsake, maar volgende keer kan dit reg of onreg of ’n wurm in die sop wees. Feit is in hierdie kolom moet jy fynlees, sodat jou sintuie …

Min dinge krap soos iemand wat sy hand in jou sake of sakke steek.

Die tamboer se slae dra nuus van oral aan. Vandag val die houe op geldsake, maar volgende keer kan dit reg of onreg of ’n wurm in die sop wees. Feit is in hierdie kolom moet jy fynlees, sodat jou sintuie kan werk en jy die inligting kan gebruik om te keer dat ’n bal nie jou penne omgooi nie. Lesers behoort altyd hier iets raak te lees wat hulle kan help, anders is die tamboerslae tevergeefs.

Al het iemand diep sakke, sal veral sakelui, die drakoniese belasting op hul kapitaalwins voel. Kapitaalwinsbelasting (KWB) word gehef op bykans alles waarop jy wins maak, maar om die draak se verwronge kloue te illustreer, kan die volgende voorbeeld jou voorberei op wat jy te wagte kan wees as jy ’n sakebelang verkoop:

Jy begin ’n sakeonderneming met eie inisiatief, harde werk, vernuf en eie bedryfskapitaal wat soms geleen moes word. Met sweet, bloed en trane, bou jy jou saak te midde van baie struikelblokke soos striemende regulasies, ekonomiese faktore, regeringswanbestuur, krag- en watertekorte, arbeidswette en duisende ander probleme wat jou sukses wil pootjie. Eers ná drie tot vyf suksesvolle jare begin die sakeonderneming werklik tot sy reg kom.

Nou moet jy besluit: Gaan jy die sakeonderneming uitbrei en verder laat groei of gaan jy die status quo handhaaf?

Mettertyd besluit jy om die sakeonderneming te verkoop. Met ’n skok besef jy dat ’n groot deel van die verkoopprys — soms tot ’n vyfde van dié bedrag — moet in belasting (KWB) aan die regering oorbetaal word.

Jy het waarskynlik met niks begin nie, oor die jare rente op lenings afbetaal, en swaar betaal aan jou kinders se skoolgeld en verdere studies, al jou huishoudelike uitgawes, werknemers se salarisse en pakkette, munisipale heffings en veiligheidsdienste (en dan was daar nie eens altyd water en krag nie). Boonop het baie mense ook nog probeer om so tussendeur te spaar vir hul aftrede — alles uit die sakeonderneming wat hulle nou wil verkoop.

Dit is hier waar baie mense vir die eerste keer van KWB hoor.

Nou kom die houe nog harder. Hoor net daar: die KWB wat jy betaal val in ’n staatskas en hierdie staatskas wil lyk soms onbewaak.

Vraag is: Hoekom moet eerlike, toegewyde sakelui deel van die swaarverdiende groei van sy sakeonderneming in daardie skatkis gooi? Dan kom die vers in die Skrif by ons op: “Betaal aan die keiser wat hom toekom.”

Is KWB nie net ’n bose sirkel wat sy onbillike draai met ’n sakeonderneming loop nie? Dit is tog keer op keer bewys dat dié keiser baie van die geld na sy eie kasteel toe neem. Kom dit hul werklik toe?

Fyntrap. Beplan betyds om KWB soveel as moontlik te beperk.


  • Koos de Wet is ’n afgetrede sakeman wat in Modimolle woon. Hy sal nou en dan vir Die Pos se lesers skryf.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button