Fotograwe dwarsoor die Waterberg hou hul vingers op die knoppies om die prag van die natuur en omgewing vas te vang.
Lizelle Koch het hierdie pragtige sonsondergang tydens ’n besoek aan die Tankwa Karoo afgeneem. Die Bosveld-fotografieklub het haar met ’n merietesertifikaat beloon en as maandwenner in die landskapafdeling aangewys.