Local Lifestyle

FOTOGRAFIE: In fokus

Fotograwe dwarsoor die Waterberg hou hul vingers op die knoppies om die prag van die natuur en omgewing vas te vang.

Michelle Rootman het hierdie pragtige foto tydens ’n besoek aan die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (MOCCA) in Kaapstad geneem. Hierdie spiraaltrappe het haar ’n merietetoekenning besorg by die Warmbad-fotografieklub se laaste vergadering. Vir navrae bel vir Gerda du Bruto by tel. 082 563 4725.
Alma Hoon se foto, Bergspits met sneeu, was die wenner van ’n merietesertifikaat tydens die Warmbad-fotografieklub se laaste byeenkoms. Die foto is gedurende die somer geneem en wys die hoogte van die bergspits. Vir navrae in verband met die klub kan mense vir Gerda du Bruto bel by tel. 082 563 4725.
Dorette Nel van die Bosveld-fotografieklub in Modimolle se foto van ’n swartoogtiptol wat ’n bykans volgroeide kuiken voer, is as maandwenner in die voëllewekategorie aangewys. Sy ontvang ook ’n merietesertifikaat.

Related Articles

Back to top button