Afrikaanse kunstenaars wat gesorg het vir die op-en-wakkermusiek sluit in Chris Else, Monique Steyn, Pieter Smith, Leah, Ruan Josh, Franja du Plessis, Ivan Roux, Rooksein, Irene Louise van Wyk, Nicholis Louw, Karlien van Jaarsveld en Kurt Darren.
Hamilton Wessels was die seremoniemeester wat die gees aangewakker het. Gelukstrekkings is tussen die opvoerings gehou en die feesgangers kon ook by die stalletjies met verskillende ware snuffel.