Entertainment

Vuurwarm vermaak by Sondela laat voete jeuk

Die feesgangers wat die Bosveld Musiek Karnaval op Saterdag 15 Oktober by die Sondela natuurreservaat en Spa buite Bela-Bela bygewoon het, se voete het behoorlik gejeuk.

Afrikaanse kunstenaars wat gesorg het vir die op-en-wakkermusiek sluit in Chris Else, Monique Steyn, Pieter Smith, Leah, Ruan Josh, Franja du Plessis, Ivan Roux, Rooksein, Irene Louise van Wyk, Nicholis Louw, Karlien van Jaarsveld en Kurt Darren.

Hamilton Wessels was die seremoniemeester wat die gees aangewakker het. Gelukstrekkings is tussen die opvoerings gehou en die feesgangers kon ook by die stalletjies met verskillende ware snuffel.

Ruan Josh tussen die feesgangers.
Die TV-aanbieder en seremoniemeester van die Bosveld Musiek Karnaval, Hamilton Wessels, het die feesgangers gereeld op hul voete gehad om in aanmerking te kom vir ’n prys of twee.

Related Articles

Back to top button