Recipes

Erfenisdag: Braai is in Suid-Afrikaners se bloed

Waterbergers wag nie juis vir braaidag om ’n vleisie op die kole te gooi nie, maar wanneer dit nasionale Braaidag is, moet `n mens dit ekstra spesiaal maak.

Met deesdae se vleispryse wat hoog is, het Die Pos by Nico Kruger, braaimeester in Mookgophong, ’n draai gaan maak om raad te kry oor die lekker snitte wat vir braai gebruik kan word, sonder om ’n fortuin te bestee.

“Almal kan nie kruisskyf of T-been bekostig nie, maar ’n goedkoper opsie is C-graad kruisskyf wat heerlik gemarineer is. Ek braai graag ander snitte soos kortrib en selfs brisket,” het hy gesê.

Hoendervlerkies op ’n sosatiestokkie is heerlik en veral met ’n tuisgemaakte of gekoopte peri-peri sousie saam met ’n koeskoesslaai is ook ’n goeie opsie. Kruger maak sy eie sosaties en kook sy eie sosatiesous uit die Kook en Geniet.

Saam met die vleisbraai is dit heerlik verfrissend om ’n “wine spritzer” vir jou gaste te bedien. Gebruik die bottel droë witwyn wat nie aftrek kry nie, ’n bottel lemonade, ys en vrugte soos bessies en suurlemoen om dit te maak. Vir die spesiale vleisbraai kan ’n piekniek-ete ook gesellig wees.

Pak ’n mandjie met slaai en broodjies en braai jou gunstelingwors. Maak nie saak waar, waneer en vir watter geleentheid jy braai nie, braai net!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button