Buitelug-ekspo lok mense van oraloor na Bela-Bela

Die KykNet buitelug-ekspo wat die afgelope naweek by die Sondela- natuurreservaat en Spa aangebied is, het buitelug-liefhebbers van oraloor gelok.

Dit was ’n naweek van kamp in die natuur, lekker kos, goeie vermaak, die reuk van brandstof wat swaar in die lug hang en vrolike samesyn.

Die aantal besoekers wat daagliks die feesterrein besoek het, het alle verwagtinge oortref.

Die feit dat die Covid-19-maatreëls verlede week vir groot saamtrekke opgehef is, het bygedra tot groot getalle besoekers.

Divan Pretorius (foto) wat in beheer was van kameelritte by die KykNet buitelug-ekspo het aan Die Pos gesê besoekers, en veral die jonger geslag, het die kameelritte baie geniet. Hulle het gesê dit was ’n interessante ervaring om op die groot diere se rûe deur die feesterrein te ry.
Die KykNet buitelug-ekspo het talle musieklegendes by die skou verwelkom. Hulle was Riaan Grobler, Jakkie Louw, Soné Joubert, Droomsindroom, ADAM, Jacques du Plessis, Irene Louise van Wyk, Dewald Dippenaar en JUBA. Op die foto is die sanger Pieter Smith wat die gehoor met nostalgie laat terugdink het aan hul grootwordjare.
André Erasmus, ’n motorhandelaar van Midrand, het gesê al styg die brandstofpryse weer, sal motoreienaars moeilik van hul vuurwaens afstand doen. Op die foto staan Erasmus by een van die nuutste Jeep-voertuie wat by die KykNet buitelug skou te sien was.
Bekende televisiepersoonlikheid, André de Villiers en sy Volkswagen Amarok-voertuig, het belangstellendes laat saamry. Die geleentheid is baie gewild by mense wat van ekstreme sportsoorte en adrenalien hou. Op die foto ry ’n groep yweriges saam met die Amarok-span deur ’n hindernisbaan.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version