Dansers op hul tone

Dansers van Wandi’s Dance Studio in Bela-Bela het einde Mei die geleentheid gekry om hul danspassies op die verhoog by die On the Stage-dansfees in die Roodepoort- teater in Gauteng te vertoon.

Die 40 dansers, onder leiding van Wandi Botes en Micayla Trollip, hulpafrigter, het drie goue-, 22 silwer- en 11 bronsmedaljes verower.

Die dansers het individueel en in groepe opgetree. Botes het tydens die geleentheid ’n spesiale toekenning ontvang vir die deurslaggewende rol wat sy in die dansers se afrigting en prestasies speel.

Blessing Nkuna het ’n goue medalje in die hiphop-afdeling verower.
Chere van Zyl het die beoordelaars beïndruk en ’n gouemedalje in haar ouderdomsgroep in die hiphop-afdeling verower.

Related Articles

Back to top button