EntertainmentLifestyle

Skud daardie kultuurvere reg!

Bela-Bela se uiters gewilde jaarlikse Waterberg ATKV-kunsfees — wat die afgelope twee jaar agterweë gebly het weens die Covid 19-inperkings — is vanjaar weer reg om te spog met die omgewing se beste talent.

Voorbereiding vir vanjaar se fees, met die immergewilde Amanda Van Vuuren as voorsitter van die fees, is goed op dreef.

Die fees sal vanaf Maandag 15 Augustus tot Vrydag 26 Augustus aangebied word.

Deelnemers kan in die volgende kategorieë inskryf: drama, sang en revue, musiek (instrumentaal), kuns, handwerk, houtwerk en dans.

Daar is geen ouderdomsbeperking nie en almal is welkom om deel te neem. Die sluitingsdatum vir alle kategorieë is op Vrydag 22 Julie.

Vir verdere inligting en om die volle prospektus te bekom, kontak vir Amanda van Vuuren by tel. 082 569 4872 of stuur vir haar e-pos na amandav@belanet.co.za of vir Theresa Jonker (koördineerder) by tel. 061 477 7268 of per e-pos by wilhelmjonker984@gmail.com(.) Van Vuuren is ook die kontakpersoon vir alle navrae oor die drama-afdeling.

Die skakelpersone van die ander afdelings is:

Marga Roos (sang en revue) by tel. 082 563 4639 of margaroos@lantic.net;
Estelle du Plessis (musiek) by tel. 082 326 9317 of duplessisestelle7@gmail.com;
Christa Snyman (kuns) by tel. 084 405 4932 of christasnyman1@gmail.com;
Wandi Botes (dans) by tel. 071 869 6529 of vwwandi@gmail.com;
Marga Roos (kore) by tel. 082 563 4639 of margaroos@lantic.net(.)

Related Articles

Back to top button