LifestyleRecipes

Soetpatats en appels in lemoenstroop

Paasfees is sinoniem met familietyd en lekker kuier langs die braaivleisvure.

Ina Lessing, Modimolle se konfytkoningin, maak gereeld hierdie heerlike dis as bygereg saam met braaivleis. Die resep lewer vier porsies, maar kan maklik verdubbel word.

Bestanddele:

  • 1 medium grootte soetpatat (met skil)
  • 2 appels
  • 12,5 ml vlapoeier
  • 200 ml lemoensap (of die sap van 2 -3 lemoene)
  • 60 ml suiker (¼ koppie)
  • 1 ml sout

Metode:

  1. Was die appels en skrop die soetpatat skoon en sny, met skil, in dun skywe. Stowe tot net sag en pak skywe beurtelings in ’n klein glasbak wat in die oond kan gaan.
  2. Maak die vlapoeier met ’n klein bietjie lemoensap aan. Meng saam met die res van die lemoensap en suiker in ’n klein kastrol oor lae hitte. Hou aan klits met ’n bolklitser (“whisk”) totdat die vlapoeier en suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook tot stroop verdik.
  3. Gooi warm stroop oor die patat- en appelskywe.
  4. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 20 minute. Let wel: Wanneer die resep verdubbel word, verleng die baktyd.
  5. Versier gereg met ingelegde lemoenskilrolletjies en bedien warm saam met braaivleis en ’n groenslaai.

Related Articles

Back to top button