LifestyleLocal Lifestyle

Pienk vir die Paastafel

Paasfees is vir Christene ’n tyd om rustig te raak en die kruisiging en opstanding van Christus te gedenk, maar dit is ook ’n geleentheid wanneer familie en vriende byeenkom om die gedekte tafel om saam te eet en te kuier.

Al is dit reeds herfs, bly pienk een van die gunstelingkleure om ’n Paastafel te dek — moenie skroom om dit te waag nie.

’n Gedekte Paastafel moet ook spog met Paaseiers en Paashasies. Kinders geniet gewoonlik die soetigheid en die opwinding daarvan. Hulle kan ook sommer deel wees van die aktiwiteite.

Laat hulle toe om Paaseiers te verf of om die servette soos haasore te vou.

’n Skildery van blomme op hout maak vanjaar plek vir die tradisionele blomme wat nou skaars en duur is. Die kinders sal hulle verlustig aan die oulike hasies en die smullekker Paaseiers wat oral op die tafel wegkruip. Sit vanjaar weer aan by ’n feesmaal saam met geliefdes.

Krap in die laaie en kaste en plaas alles in skakerings van pienk in groepies op die tafel om dit interessant te maak en voeg ’n kers bloot net vir die atmosfeer by.

Bind elke gas se bord, poedingbakkie en teekoppie met verskillende soorte linte vas. Die middelpunt van die Paastafel is ’n skildery met blomme op.

’n Kruis vir simboliek is bygevoeg en ook om te herinner waaroor Paasfees eintlik gaan.

Blomme is skaars, maar met ’n paar klein blommetjies kan die tafel net so mooi lyk as ’n duur bos blomme.

Paasfees is ook ’n fees van vreugde, vrede en verlossing en moenie ’n somberheid skep nie. Koop gekleurde Paaseiers en bederf die gesin en geliefdes in hierdie wonderlike feestyd.

Related Articles

Back to top button