Blinknuwe titels beskikbaar vir boekwurms

Die Nylstroom-leeskring in Modimolle het ’n heerlike versameling blinknuwe titels om uit te neem.

Op die rakke vir Afrikaanse boeke is die volgende nuwe titels beskikbaar:

Francois Bloemhof se Kry vir jou is die tweede boek in sy Ludo Labuschagne-speurreeks. Nog twee naelbytboeke is Vlug van Wilna Adriaanse en Vlam van Sidney Gilroy.

Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha sal die leser meesleur op ’n komiese reis.

Etienne Fourie, ’n draaiboekskrywer en filmmaker, se debuutroman, Man in die Maan, is ’n verhaal met elemente van wetenskapfiksie, komedie en drama.

Historiese romans is ’n gewilde genre en daar is drie nuwe titels: Veldhospitaal 12 van Marinda van Zyl, Ysterklou Beperk deur Johannes Hamman en Jan van Tonder se Grootgeluk.

Van die Engelse boeke wat onlangs gekoop is, sluit in Francine Rivers se The Lady’s Mine, The Wish deur Nicholas Sparks en A man of honour deur Barbara Bradford Taylor.

Jo Nesbo se The Jealousy Man is ’n versameling spannende verhale wat die hare sal laat rys. Wrath of Poseidon van die bekende skrywer Clive Cussler is nog ’n heerlike avontuurverhaal in die Fargo-reeks.

John Grisham se The judge’s list, A narrow door deur Joanne Harris en The Jailhouse Lawyer van James Patterson is nog nuwe titels wat boekwurms gretig sal verslind.

Die nuutste byvoeging tot Diana Gabaldon se gewilde Outlander-reeks (tans te sien op Netflix), Go tell the bees I’m gone, sal beslis nie teleurstel nie.

Boeke kan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitgeneem word teen R10 per boek.

Die Leeskring is in Hospitaalstraat (Steve Tshwetestraat) 13 in Modimolle. Bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205 vir meer inligting.

Exit mobile version