EntertainmentLifestyle

Bekende kunstenaars vermaak ‘honger’ toeskouers by krokodilplaas

Die inwoners van Mookgophong en omgewing was uitgehonger om weer — ná twee jaar van streng inperkings — ’n vertoning van ’n kunstenaar te kon bywoon.

Tiaan en Jeanne Marie Rabie, wat ’n krokodilplaas in die omgewing besit, het besluit om ’n vertoning op Saterdag 19 Februarie te reël met van die land se bekendste kunstenaars.

Hulle het vir Snotkop, Leah en Armand Hofmeyr na Mookgophong gebring om soos van ouds die inwoners met goeie musiek te bekoor.

“Ons het eers vir Snotkop gekry en toe Leah se nuwe liedjie op televisie verskyn, het ons besluit om haar ook te nader,” het Jeanne Marie gesê.

Hofmeyr het haar gekontak en wou ook graag deel wees van die vertoning en daarna het Lappie en Louw ook gevolg. Die program was drie volle ure lank.

“Ons het dit nie gedoen om geld te maak nie, maar het gevoel dat ons iets vir die gemeenskap kan bied,” het sy opgewonde vertel.

Sy het gesê hulle sal gou weer so ’n aand reël. Die groep dansers van ’n dansskool in die dorp, Dance Creation, is ook genader om op te tree.

Volgens Jeanne Marie was daar ongeveer 450 mense wat die vertoning bygewoon het wat ook getuig daarvan dat daar nog steeds ’n behoefte is vir die optredes van sangers.

Related Articles

Back to top button