Kids

Vir die jongspan: Die groot gril

Daar is ’n groot gril wat die wêreld laat gil ‘n goor gedoente wat almal laat ril: Daar’s ’n kiem in die lug waarvoor almal nou swig En die ergste gedeelte is dat ons nie kan vlug Maar ons mensdom is mos slim en het planne gemaak Om elke dag die beste te maak van …

Daar is ’n groot gril wat die wêreld laat gil
‘n goor gedoente wat almal laat ril:

Daar’s ’n kiem in die lug waarvoor almal nou swig
En die ergste gedeelte is dat ons nie kan vlug

Maar ons mensdom is mos slim en het planne gemaak
Om elke dag die beste te maak van só slegte saak

Ons kry ons skoolwerk per e-pos en ons werk by die huis
En as dit veilig is maak ons onsself weer by die skool tuis
As ons verlang na ons vriende kan ons darem nog bel
al klink ’n storie anders as jy dit op whatsapp moet vertel

Ons onnies en ouers skarrel al klaar
Om seker te maak ons is gereed vir die jaar

Die dae word al minder voor die
skoolklok weer lui
So ons spook maar almal om voor te berei:

So tussen die luiheid en die vrees vir siek wees
Bly ons darem almal in goeie gees,

want al maak die pandemie ons almal gedaan
Kan ons gerus wees dat ons nie alleen daardeur gaan.

Related Articles

Back to top button