EntertainmentLifestyle

Doringdraadduwwels vier 21-jaar in die musiekbedryf

Die Doringdraadduwwels is drie dinamiese vroue met strelende stemme wat die afgelope 21 jaar al musiekliefhebbers van oraloor bekoor met hul uitstekende harmonieë.

Dié gewilde groep het op Saterdag 6 November ’n draai in Thabazimbi gemaak om hul 21ste jaar in die musiekbedryf by die Kunstegrot te vier.

Dié drie se paaie het jare gelede as studente aan die Universiteit van Potchefstroom gekruis toe hulle as deel van die Alibama-studentegeselskap begin saamsing het.

Deesdae is hulle een van Thabazimbi, en die Kunstegrot in besonder, se gewildste besoekers. Hul besoek aan die Kunstegrot was vanjaar ’n groot hoogtepunt en die viering van hul mondigwording in die musiekbedryf het letterlike met ’n knal begin.

“Die vertoning was merkwaardig,” het Mari Laufs van Jaarsveld gesê.

“Ons was ten volle voorbereid vir die geskeduleerde beurtkrag om 21:00 toe ’n lekker Thaba-donderstorm ons kragtoevoer uitgeskop het.”

Soos dit ’n groep professionele divas betaam het die donker geen demper op hul pret geplaas nie en die vertoning het binne minute in ’n kersligkonsert verander.

“The show must go on,” het Van Jaarsveld geskerts. “Daar sing ons toe verder by kerslig by die klavier en word spontaan deur Chani Jonker begelei. ’n “Unplugged”-weergawe soos min.

Related Articles

Back to top button