EntertainmentLifestyle

Riaan Benadé ‘terug na sy wortels’

Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Saterdag 23 Oktober groot opwinding en geesdrif beleef tydens die vertoning van die jong ster, Riaan Benadé.

Benadé se optrede het mense van heinde en ver na Trados buite die dorp gelok. Meer as 600 mense het die buitelugkonsert bygewoon.

Die skool bied jaarliks ’n fondsinsamelingsprojek aan, maar weens die Covid-19-pandemie was dit nie in 2020 moontlik nie.

“Die geld word nie net vir die skool gebruik nie, maar ook om ’n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap te help. Die Forbies gebruik ’n windpomp wat ’n dam vol pomp as simboliek,” het Anel Pretorius, skoolhoof, aan Die Pos verduidelik.

“Sodra die dam vol water is, spoel dit oor die wal en voed die aarde rondom. Net so spoel ons geld ook oor na die mense in die gemeenskap wat dit broodnodig het.”

Volgens Benadé, ’n oud-Waterberger, was dit besonder lekker om so naby sy tuisdorp, Modimolle, voor ’n groot gehoor op te tree.

Sy pa, Franna Benadé, is sedert die tagtigs ’n bekende sanger en het aanvanklik saam met sy broer, Innes, opgetree.

Related Articles

Back to top button