LifestyleRecipes

Vingerlek-lekker nagereg vir Braaidag

Modimolle se konfytkoningin, Ina Lessing, kan nie net konfyt kook nie — sy kan ook nagereg maak dat die monde water.

Die Pos het by haar gaan inloer vir ’n heerlike resep wat net reg is om op Erfenisdag (Vrydag 24 September) vir die gaste voor te sit. Dit kan in ’n japtrap voorberei word.

Die individuele foeliepakkies word bo-op die braairooster gaar terwyl almal solank smul aan hul braaivleis.

Volgens Lessing sal die gaste hul vingers aflek. Die resep lewer agt porsies.

Bestanddele:

  • 1 Bottel (900 g) van Ina Lessing se ingemaakte kwepers in stroop
  • 4 Piesangs
  • 4 “Bar One-” sjokoladestafies
  • Kaneelsuiker

Metode:

  1. Maak agt foeliepakkies deur 30 cm stroke foelie in blokkies te vou.
  2. Skep stukkies ingemaakte kwepers in elke pakkie — ongeveer ’n halwe koppie per pakkie.
  3. Sny piesangs in dun skywe en verdeel tussen pakkies — ongeveer ’n halwe piesang per pakkie. Sprinkel kaneelsuiker bo-oor.
  4. Sny sjokoladestafies in stukkies en verdeel tussen die pakkies.
  5. Vou die foeliepakkies liggies toe, maar maak seker dat die foelie nie aan die sjokolade raak nie.
  6. Plaas pakkies op ’n koeler gedeelte van die braairooster totdat die sjokolade gesmelt het.
  7. Bedien net so of saam met roomys.

Related Articles

Back to top button