Blinknuwe titels vir boekwurms

Die Nylstroom-leeskring in Modimolle het ’n heerlike nuwe versameling blinknuwe titels vir die ywerige lesers van die omgewing.

Daar is ook skenkings van bykans 20 Engelse leesboeke.

Titels wat tans op die Afrikaanse-rak beskikbaar is, sluit in Die waarde van stil bure deur Zelda Bezuidenhout, Onthou my van Helena Hugo, Roofdier van Manie Lotz, Die miskruier en die maan deur Carié Maas, Wildekus deur Morné Malan, Marilyn deur Chanette Paul en Ingrid Winterbach se Voorouer. Pelgrim. Berg.

Peet Venter se boek Een vir Een sal lesers laat naelskou tot aan die einde. Van die Engelse boeke wat onlangs gekoop is, sluit in Win deur Harlan Coben, The Nameless Ones deur John Connoly, A Gambling Man van David Baldacci, Guilty not Guilty deur Felix Francis en The Nightingale deur Kristin Hannah.

Lesers sal John Grisham se eerste roman oor basketbal, genaamd Sooley, terdeë geniet. Daar is ook The Missing Sister —Lucinda Riley se sewende boek in die reeks en Michael Robotham se sielkundige riller, When you are mine. Nog titels sluit in The New Kingdom van Wilbur Smith, False Witness deur Karin Slaughter, Legacy deur Nora Roberts, en Liar van Lesley Pearse.

Boeke kan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitgeneem word teen R10 per boek.

Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat (die ou Hospitaalstraat) 13 in Modimolle.

Bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205 vir meer inligting.

Exit mobile version