Home & GardenLifestyle

Deidré maak tuin só mooi

Deidré van den Berg, bekende bloemiste en plantkenners van Thabazimbi, het goeie raad vir inwoners wat dié lente hul tuine wil verfraai.

  • Plant blomme en fyn plante in potte sodat waterbeheer makliker toegepas kan word. Rose en verskeie fyn tuinblomme, soos gesiggies, kort dikwels baie aandag en water en daarom is potte ’n beter plan.
  • Maak jou tuin waterwys. Plant vetplante, soos die bekende spekbome en euphorbias in Van der Bijlstraat en 13de Laan. Vygies dra ook kleurvolle blomme en gebruik min water.
  • Probeer sover moontlik inheems plant soos boslelies, strelitzia’s, Afrikanertjies, Barbertonse madeliefies en agapante. Fynbos soos dié by die Marakele-natuurreservaat is ook ’n goeie keuse. Hierdie plante het reeds deur die jare goed aangepas by die omgewing en is daarom ’n maklike opsie vir enige tuin.
  • As jy bergop woon, eksperimenteer gerus met fyner plante aangesien dit hoër op nie baie ryp in die winter nie. Dit is egter baie moeilik om hoër op in die dorp water te bekom en daarom moet die watergebruik goed bestuur word. Kry ’n watertenk, gebruik bad- en skottelgoedwater om die tuin nat te lei en sorg dat jy plek-plek opgaartenks of bakke het waarin reënwater opgevang en gestoor kan word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button