Nuwe leesstof vir boekwurms

Die Nylstroom-leeskring in Modimolle het ’n heerlike versameling blinknuwe titels om uit te neem.

Op die rakke vir Afrikaanse boeke is die volgende nuwe boeke beskikbaar: Skepsel van Willem Anker, Die kind se naam is Anneke van Juliana Coetzer en Elisabet se oorlog van Helene de Kock.

Boekwurms sal ook verheug wees oor Irma Joubert se nuutste historiese roman, Na ’n plaas in Afrika, asook Marieta van der Vyver se boek, ’n Baie lang brief aan my dogter.

Daar is ook Man uit die dode van Chris Karsten, Mieke van Mariël LeRoux en Hartedief van Rudie van Rensburg.

Van die Engelse boeke wat onlangs gekoop is, sluit in Turn a blind eye van Jeffrey Archer, Fast ice van Clive Cussler, The evening and the morning deur Ken Follett en Before she disappeared van Lisa Gardner, Dark Tides van Philippa Gregory, The lost hours deur Susan Lewis, Year One van Nora Roberts en Legacy of War deur Wilbur Smith.

Boeke kan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitgeneem word teen R10 per boek.

Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 (die ou Hospitaalstraat) in Modi­mol­le.

Bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir El­sie Koch by tel. 072 249 1205 vir meer inligting.

Exit mobile version