EntertainmentLifestyle

Fotograwe se vingers is op die knoppies

Die tweede aanlynbyeenkoms van die Bosveld-fotografieklub, wat op Dinsdag 9 Februarie, plaasgevind het, was ’n groot sukses met vyf gaste wat gratis ingeskakel het.

Die maandelikse fotokompetisie se wenners is ook aangewys.

Kranige fotograwe word hartlik genooi om die volgende aanlynsessie op Dinsdag 9 Maart om 18:15 gratis by te woon.

 

Dorette Nel het die makrofotografie-afdeling in Februarie se kompetisie met hierdie besondere nabyskoot van ’n paar waterdruppels in haar tuin gewen. Volgens Nel het dit heelwat probeerslae geneem om die perfekte foto te neem, maar aanhouer wen.

 

Bel gerus vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur vir haar e-pos na lizellekoch@gmail.com om die nodige inligting vir die aanlynsessie te verkry of om by die klub aan te sluit.

Related Articles

Back to top button