LifestyleLocal Lifestyle

Bosveld-fotografieklub het hul vingers op die knoppie

Die ywerige fotograwe van die Bosveld-fotografieklub het nie toegelaat dat die grendeltydperk hul vreugde steel nie.

Lede het kundigheid aan die dag gelê en die tegnologie ingespan om steeds hul suksesvolle maandbyeenkomste aan te bied.

“Die maandelikse byeenkomste word nou aanlyn via Zoom aangebied sodat klublede van oraloor kan inskakel om die ingeskrewe foto’s te sien en te luister na die kommentaar van gekwalifiseerde, onafhanklike beoordelaars. Die wenfoto’s in elke afdeling word ook elke tweede Dinsdag van die maand tydens die aanlynsessie aangewys,” het Lizelle Koch aan Die Pos vertel.

Kranige fotograwe word hartlik genooi om die volgende aanlynsessie op Dinsdag 9 Februarie om 18:15 gratis by te woon.

Bel gerus vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur vir haar e-pos na lizellekoch@gmail.com om die nodige inligting vir die aanlynsessie te verkry of om by die klub aan te sluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button