EntertainmentLifestyle

Boere­mu­siek herleef in Leeu­poort

Die konser­tinas het behoorlik gehuil toe konsertinaspelers op Saterdag 7 November tydens die jaarlikse Boeremusiekfees in Leeupoort-vakansiedorp buite Bela-Bela ’n nuwe rekord probeer opstel het.

Dié jaar­lik­se boe­re­or­kes­fees word in Leeu­poort aan­ge­bied en lok besoekers en deelnemers van regoor die land. Daar het vanjaar nie minder nie as 32 orkeste met minstens een konsertinaspeler in elke orkes opgetree.

Pieter Boden­stein het die fees in 2008 begin en sedertdien bars die fees behoorlik uit sy nate.

“Ons het ge­poog om ’n wêreld­re­kord op te stel vir die mees­te kon­ser­tina­spe­lers wat op die­self­de tyd saam­speel. Die vorgie re­kord is opgestel toe 49 musikante saam konsertina gespeel het. Ons het die getal oortref en vanjaar 50 konsertinaspe- lers van die Kaap tot Musina by een geleentheid op die verhoog gehad.”

“Die groep het almal verras en vier be- kende liedjies gespeel — Waen­huis, Kal­fiewals, Con­nie se seties en Tant San van Chris­tia­na. Die gehoor was besonder beïndruk met die gehalte van die opvoering en het dit baie geniet,” het Bo­den­stein ge­sê.

Die fees en re­kord is opge­dra aan Ja­pie Loub­scher, ­be­ken­de Af­rikaan­se boe­re­mu­siek-mu­si­kant wat ’n reusebydrae tot die voortbestaan van boeremusiek in Suid-Afrika gemaak het.

Hy is reeds in 1981 oorlede, maar sy musiek leef voort. Boden­stein het ge­sê die vorige rekord het vir 30 jaar op die rekordboeke gestaan, maar vanjaar is dié boeke herskryf.

Hulle het al die amptelike riglyne vir die rekordpoging gevolg en die or­ga­niseer­ders is in be­sit van al die be­wy­se dat die nuwe re­kord nou op 50 konsertinas staan.

Ver­teen­woor­di­gers van die ATKV het die fees bygewoon en toekennings aan die musikante gegee vir hul bydrae tot die bevordering van dié unieke musiekgenre en kultuur, het Bo­den­stein ge­sê.

Related Articles

Back to top button