Home & GardenLifestyle

Oos, wes, tuis is beste kantoor

Tientalle sakelui in die Pos se lesersgebied het die besluit gemaak om eerder hul kantore vanuit die woongebied te bedryf as uit die besige sentrale sakegebiede.

Groot bome hang oor die stil pad.

’n Paar motors staan geparkeer voor ’n huis.

Dit is nie ’n woonhuis nie, maar die kantoor van ’n sakeonderneming.

Tientalle sakelui in die Pos se lesersgebied het die besluit gemaak om eerder hul kantore vanuit die woongebied te bedryf as uit die besige sentrale sakegebiede.

Vir Elsje Roos, ’n fisioterapeut van Modimolle, was een van die voordele dat veiliger en makliker parkering vir haar pasiënte beskikbaar is.

Sy deel die huis waaruit sy werk met Tanya van Staden, ’n prokureur, dr. Cynita Conradie, ’n homeopaat, Belinda Rabie en Hanlé Jacobs, albei arbeidsterapeute en dr. Gerné Jordaan, ’n chiropraktisyn.

“Dit is ook veiliger vir ons besoekers van hul motors af tot in die kantoor. Daar is ook nie smouse wat pla nie. Omdat daar minder mense in die omgewing is, is hul besoeke ook meer vertroulik,” het sy gesê.

Salon Amelia is al langer as 35 jaar in die woonbuurt in Modimolle en dié klein sakesentrum tussen die huise is ’n landmerk.

“Een van die voordele is dat die gebou aan die familie behoort,” het Danelle Sadler van die salon gesê. “Ons het volop parkering reg voor die salon, wat dit baie makliker maak vir ons ouer kliënte wat nie ver hoef te stap nie.”

Elna van der Merwe van Pixie Signs sê dit is vir haar meer kostedoeltreffend om van die huis af te werk.

“As daar dringend iets by die huis moet gebeur, is ek daar. Ek kan ook tyd aan my werk en my kinders bestee.”

Michelle van der Walt se Swimrite-swemskool is ook in die woonbuurt geleë.

“Ek geniet dit baie om van die huis af te werk. Een van die voordele is dat my huur nie buitensporig is nie en dat ek volle beheer het oor wie in- en uitgaan op die perseel. Dit is ’n rustiger en kindervriendelike omgewing.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button