Styl en swier ten bate van Kansa

Die vroue van die VLU se Nylstroom-tak het op Saterdag 24 Oktober ’n swierige geleentheid by Castle de Wildt buite Modimolle ten bate van Kansa aangebied.

Die tak het ’n bedrag van R6 240 aan Anita Snyders van Kansa oorhandig om dié nie-winsgewende organisasie te help in hul stryd teen kanker.

Die bekroonde digter Anzé Bezuidenhout was die spreker. Sy is ’n inwoner van Modimolle en die eienaar van die padstal Ietsie van Als net buite die dorp.

 

Wilna van den Heever oorhandig ’n bedrag wat die VLU se Nylstroom-tak ingesamel het aan Anita Snyders van Kansa.

 

Sy is die VLU se skrywer van die jaar en het die vroue met woordkuns bederf. Leanda le Cornu, president van VLU-Noord, het met die vroue gesels oor “VLU, ons eie”.

Daarna is daar heerlik gekuier en gesmul aan die verversings wat die taklede voorsien het.

 

Marinda Slabbert bedank vir Anzé Bezuidenhout (regs op die foto) wat die VLU-vroue met woordkuns bederf het. Bezuidenhout is die VLU se skrywer van die jaar.

 

“Die nuwe lede wat onlangs aangesluit het, het dit baie geniet om te beleef wat die VLU werklik doen,” het Elsa du Plessis, die tak se skakelbeampte, gesê.

Belangstellendes kan haar bel by tel. 082 707 9506.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button