EntertainmentLifestyle

Modimolle-gemeente vier fees met musiek

Die NG-ge­meen­te Water­berg in Modimolle vier hul 160ste be­staans­jaar met groot vreug­de en bied ’n kon­sert met ’n Kers­fees­kleur aan.

Om dié mylpaal te ge­denk, bied hul­le op Sater­dag 31 Ok­tober om 17.30 ’n or­rel- en viool­uit­voe­ring aan. Ockie Ver­meu­len speel die or­rel en Lizel­le le Roux speel viool. Dié twee kuns­te­naars is albei mees­ters in hul vak­ge­bie­d en is staan­de toe­ge­juig met hul vo­ri­ge op­tre­de by die ge­meen­te.

 

Die or­re­lis Ockie Ver­meu­len tree saam met vio­lis Lizelle le Roux op by die feeskonsert as deel van die NG-g­emeen­te Water­berg se ver­jaar­dag­vie­ringe.

 

Ver­meu­len het ’n mu­siek­graad vol­tooi en daarna ’n Ful­bright-beurs ont­vang om sy mees­ters­graad in orrel­ aan die University of North Texas te vol­tooi. Hy het ook sy dok­tors­graad in mu­siek voltooi en ver­skeie CD’s van hoogstaande gehalte vry­ge­stel.

Hy is twee ag­ter­een­vol­gen­de jare by die Suid-Afri­kaan­se mu­siek­toe­ken­nings benoem vir bes­te instru­men­tale al­bum en het in 2014 ’n Ghoe­ma-toe­ken­ning ont­vang vir die bes­te al­bum in dié ka­te­go­rie. Hy is die ku­ra­tor van die Rieger-orrel by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) waar hy ook ’n do­sent is.

Le Roux het reeds op skool ver­skeie kom­pe­ti­sies ge­wen en toe­ken­nings in­ge­palm. Sy het haar B.Mus-graad en B.Mus-honneursgraad cum laude be­haal en die Royal Schools- en Unisa-lisen­sia­te in uit­voe­re­nde kuns behaal, asook ’n on­der­wys­li­sen­siaat.

Sy het in 1999 ’n Royal Schools of Music-beurs behaal en haar meesters­graadstu­dies aan die Royal Scottish Academy in Glasgow, Skot­land, voortgesit waar sy van­af 1999-2001 as bes­te uit­voe­ren­de stu­dent aan­ge­wys is. Sy het as solis op­ge­tree saam met in­ter­nasio­nale en na­sio­nale or­kes­te soos die BBC-sim­fo­nieor­kes en die Jo­han­nes­burg- en KwaZulu-Natal-fil­har­mo­niese or­kes­te.

Sy het as deel van die groep Eclips vier al­bums vry­ge­stel waar­van drie goue sta­tus be­reik het. Sy is ook vir ’n Ghoe­ma-toe­ken­ning benoem.

Van stilsit was daar geen sprake nie en dié befaamde musikant het haar ondanks ’n besige musiekloopbaan ook in die regte bekwaam. Le Roux het in 2019 ’n pos as do­sent in regs­ge­leerd­heid aan die Uni­ver­si­teit van Pre­toria aanvaar. Ver­snape­ringe sal voor die kon­sert geniet word.

Kaart­jies is by die kerk­kantoor be­skik­baar teen R110 per per­soon. Daar is slegs ’n be­perk­te aan­tal plek­ke be­skik­baar en die Covid-19-voor­sorg­maat­reëls sal streng toe­gepas word.

Related Articles

Back to top button