Mooi bladrose in volle blom

Die plan­te met hul dik, vle­si­ge bla­re is nie juis noe­mens­waar­dig nie, maar hul flam­bo­jan­te, kleur­vol­le blom­me is so hel­der dit sal ’n reën­boog laat bleek voel.

Mooi in die oor­tref­fen­de trap.

Die blad­ro­se staan net­jies, ry op ry, on­der ska­du­net ge­pak op Len en Anet­te Rob­berts se plaas net bui­te Modi­mol­le.

Skaam is dié bladrose nie. Hulle spog graag met hul besondere helder en groot blomme.

 

Die plan­te met hul dik, vle­si­ge bla­re is nie juis noe­mens­waar­dig nie, maar hul flam­bo­jan­te, kleur­vol­le blom­me is so hel­der dit sal ’n reën­boog laat bleek voel. Die na­me is be­skry­wend: Orange Moon, Spa­nish Gold, die bloed­rooi en pers Dracula en Ivan the Terrible, King Midas en Good as Gold.

Len het blad­rose begin ver­sa­mel om hom be­sig te hou ná sy af­tre­de. Die eg­paar het twee jaar ge­le­de van­af Hec­tor­spruit na­by Ko­ma­ti­poort ver­huis.

Len se ver­sa­me­ling be­staan reeds uit meer as 300 ver­skil­len­de plan­te. Hy hou nou­keu­rig boek van elk­een se kor­rekte naam, want die ver­skil­le is soms klein. Vir van die plan­te moet hy ge­dul­dig wag dat hul­le eers blom sodat hy die naam kan vas­stel. Hy het reeds vier ringbinders volge­pak met foto’s en be­skry­wings van dié be­son­de­re blom­me.

“My ma het al­tyd blad­rose ge­had en ek was al­tyd ge­fas­si­neer deur die blom­me se hel­der kleu­re.”

Hy het ’n ruk ge­le­de ’n groot aan­tal plan­te van ’n blad­roos­kwe­ker in Jo­han­nes­burg aan­ge­skaf.

Die plan­te is net­jies in tuis­ge­maak­te hou­ers van draad en ska­du­net ge­plant om­dat hul wor­tels goed moet drei­neer.

“Dit maak my moe­de­loos as die plan­te siek word. Soms kry hulle kraag­vrot, maar ons kry ook koue-ska­de. Dit is nie al­dag mak­lik om ’n deel van die blaar wat af­ge­sny is aan die groei te kry nie,” het hy ge­sê.

Die sa­tis­fak­sie as die plant ’n mens wel be­loon met ’n blom by­kans so groot soos ’n bord, is eg­ter groot.

Een van die plan­te, ’n Epiphyllum steno­petalum, was be­son­ders pro­duk­tief en het 28 wit blom­me ge­dra. Van die plan­te se blom­me maak slegs snags oop, van­daar die by­naam aand­blom. Daar is eg­ter ver­skeie ander plant­soorte wat snags blom en dan dié naam in die volks­mond ge­kry het.

Die draak­vrug be­hoort ook aan die Epi­phyllum-familie. Anet­te is net so ’n geesdriftige tui­nier. Oral in die tuin wink spat­sels kleur. Die groen en geel cli­vias staan ge­luk­kig onder die bome, terwyl die ama­rille en lug­plante we­lig blom.

Exit mobile version