Home & GardenLifestyle

Plant so­lank pitte vir gewilde Go­liat van Gat-pampoenfees

Die tyd het weer aan­ge­breek vir die eers­te voor­be­rei­ding vir deel­ne­mers aan die jaar­lik­se Go­liat van Gat-pam­poen­fees — ’n jaarlikse projek van TLU SA.

’n Hele aantal Bela-Bela-in­wo­ners het reeds grond om­ge­spit en die uit­ge­soek­te pam­poen­pit­te ge­plant ter voorbereiding van aanstaande jaar se kompe­tisie.

“Ons herin­ner graag al ons voor­nemen­de deel­ne­mers om nou met grond­voor­berei­ding te begin en die pit­te te koop vir 2021 se kompe­tisie,” het Hen­ri Com­brink, organi­seer­der, ge­sê. “Die pit­te is by TLU se hoof­kan­toor in Sil­ver­ton be­skik­baar, maar kan ook land­wyd afge­lewer word.” 

Die pit­te is in Be­la-Be­la by plekke soos Peet se Padstal en die Water­berg DLU se kan­toor beskik­baar. Die 2021 Go­liat van Gat-fees sal weer in Preto­ria aan­ge­bied word en deel­ne­mers kan in die volgen­de kate­gorieë deel­neem: Groot­ste pam­poen, groot­ste pam­poen in Gau­teng, mooi­ste pam­poen, le­lik­ste pam­poen, ju­nior pampoen­kwe­ker on­der 16 jaar, oor­spronk­lik­ste pam­poen in die versier­de pam­poene-afdeling, as­ook in die groot­ste an­der groen­te­gewas­se-kate­gorie.

Die wen­ner van die groot­ste pam­poen ont­vang R15 000 kontant en die wen­ner van die groot­ste pam­poen in Gau­teng ont­vang R3 000.

Die naas­wen­ner, wat in die groot­te-kate­go­rie op nasionale vlak mee­ding, ont­vang R5 000 en die der­de plekwen­ner sal R3 000 in die sak steek.

Meer beson­der­he­de in aan­loop tot die geleent­heid sal teen Maart aan­staan­de jaar beskikbaar gestel word.

Vir na­vrae oor die kom­pe­tisie kan men­se vir Com­brink bel by tel. 082 552 9428 of e-pos stuur na culliboer@gmail.com(.)

Belangstellendes kan ook vir Sylvia Hig­gins van die Waterberg DLU bel by tel. 071 847 4161 of die fees se Facebook-blad be­soek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button