Home & GardenLifestyle

Remax Bushveld open sy deure

RE/MAX Bushveld se Modimolle-tak het op Vrydag 11 September amptelik sy deure geopen.

Jaco en Theo Behrens, prinsipale van dié agentskap, sê die opening van die tak is ’n spanpoging wat groot dinge vir die eiendomsbedryf inhou.

Hulle het hul dank en waardering teenoor hul regspan, die span van Betterbond, die bankbedryf, getroue kliënte en hul gemotiveerde agente uitgespreek.

Volgens RE/MAX Bushveld beleef die eiendomsmark tans ’n buitengewone oplewing en nooi hulle voornemende kopers en verkopers van plase, woon- en sakepersele om hulle te kontak.

Die nuwe kantoor is in Nelson Mandelarylaan 8, Modimolle, geleë.

Maak gerus ’n draai by hulle, skakel tel. (014) 717 3125 of stuur ’n e-pos aan admin@remaxbushveld.co.za(.) Op die foto is van die personeel en gaste tydens die amptelike opening van die tak.

Related Articles

Back to top button