LifestylePets

Dierekliniek open sy deure

Die Nylstroom Dierekliniek is vanaf Maandag 21 September oop.

Die ou perseel in Thabo Mbekistraat is weer oorgeneem deur dr. Karel Toet en dr. Stephen Gerber.

Toet is bekend onder die Waterbergers en praktiseer reeds sedert 1990. Hy is ’n ervare veearts wat al jare lank regoor Limpopo werk.

Gerber is oorspronklik van Oudtshoorn, maar is reeds agt jaar in Modimolle. Hy het eers by die bekende Valley Farm Animal Hospital in Pretoria gewerk en daarna as wildveearts gepraktiseer. Albei tel nou weer die leisels as kleindier- veeartse op saam met hul werk op wild en grootvee.

Nylstroom Dierekliniek is ’n eersteklasplek wat troeteldiere, kleinvee, beeste, perde en wilde diere behandel.

As diereliefhebbers verstaan die eienaars dat mense se troeteldiere nie net ’n dier is nie, maar ’n geliefde familielid. Die algemene gesondheid van troeteldiere is hul eerste prioriteit en hulle streef daarna om eersteklasveeartsenykundige sorg aan al hul pasiënte te bied.

Kliëntediens is vir hulle baie belangrik en die hooffokus van hul praktyk. Die veeartse verstaan dit is nie altyd moontlik om troeteldiere kliniek toe te bring nie, dus bied hulle ook tuiskonsultasies per voorafgereelde afspraak aan. Nylstroom Dierekliniek het ’n moderne hospitaal wat die nuutste tegnologie gebruik om hulle in staat te stel om troeteldiere die beste kliniese ervaring te bied.

Die praktyk bied die nuutste premiumtroeteldierkos en ’n reeks toebehore aan. Sr. Lynette Badenhorst sluit vanaf Donderdag 1 Oktober ook by die praktyk aan.

Sy is ’n baie bekwame suster wat die veeartse sal bystaan en beskikbaar sal wees vir tuiskonsultasies.

Die kliniek se ure is Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 18:00 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00. Die veeartse se konsultasietye is van 15:00 tot 18:00. Vir navrae of afsprake skakel tel. (014) 717 5996.

Related Articles

Back to top button