Home & GardenLifestyle

Bela-Bela se Klip en Kristal-gastehuis vind byval by besoekers van oraloor

Die gastehuis is veral gewild onder mense wat luuks in Bela-Bela wil oornag terwyl hulle gebruik maak van die talle nabygeleë ontspanningsgeriewe in en om die dorp.

Is jou huis dalk nét te klein vir die jaarlikse uitgebreide familiekuier en een of twee gesinne wil elders in die dorp oornag?

Vra mense jou vir aanbevelings oor oornaggeriewe in Bela-Bela of moet jy dalk self ’n nag of twee weens sakeredes in Bela-Bela oornag?

Moenie verder soek as die Klip en Kristal-gastehuis in die hartjie van die dorp nie.

Bela-Bela is slegs 120 km van Pretoria en dié pragtige gastehuis is dus ideaal vir ’n vinnige naweekwegbreek uit die stad.

Die gastehuis is modern, uiters smaakvol gemeubileer en ’n ware tuiste vir moeë gaste.

Die gastehuis is veral gewild onder mense wat luuks in Bela-Bela wil oornag terwyl hulle gebruik maak van die talle nabygeleë ontspanningsgeriewe in en om die dorp: die pragtige natuurskoon, fietsry- en staproetes, 4×4-bane, voëlkykgeleenthede, ’n ryk wildlewe en wêreldbekende gholfbane.

Gaste kom veral weer en weer terug na Klip en Kristal danksy die rustige en veilige omgewing en die watertandontbyt wat soggens voorgesit word.

Klip en Kristal-gastehuis het ses gemaklike en-suite kamers met koningsgrootte beddens (enkelbeddens is op versoek beskikbaar), gehalte-afwerking, lugversorings in al die kamers en veilige parkering.

Die kamers is almal toegerus met ’n kroegyskas, mikrogolfoond, tee- en koffiegeriewe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button