Lindo deel pastaresep

Daar is min mense wat nie van ’n lekker pastagereg hou nie, maar dié wat weet hoe om ’n watertandpastagereg te maak, is net so skaars.

Lindo Mohlake is ’n gr. 12-leerder van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong wat weet hoe om die perfekte pastadis aanmekaar te slaan.Hy bly op sy eie sedert sy ma in 2019 oorlede is en sorg vir homself. Lindo het ’n groot voorliefde vir kosmaak en hou baie daarvan om ’n vleisie oor die kole te braai. Hy is ook ’n slimkop wat daarvan hou om te lees en wil graag eendag ’n “gourmet sjef” word. “Ek het baie saam met my ma gekook en sy het my geleer,” het hy gesê.

Hy het sy resep met Die Pos gedeel en gesê hy hoop dat lesers sommer lekker sal eet.

Carbonara spaghetti

Bestanddele:

  1. Bring water tot kookpunt in ’n pot. Wanneer dit begin stoom, voeg twee tot drie teelepels sout by die water. Sit die deksel op sodat dit vinniger kan kook.
  2. Terwyl jy wag vir water om te kook, braai die fyngekapte uie en spek. Voeg speserye by en roerbraai vir ’n minuut om die speserye se geure te laat meng.
  3. Voeg maalvleis by en roerbraai vir ongeveer 10-15 minute.
  4. Kook spaghetti in die vinnig kokende water vir 10 minute. Dreineer die water en laat spaghetti afkoel in ’n bak.
  5. Klits 4 eiers deeglik in ’n bak en voeg kaas by.
  6. Gooi die Bolognese-soppoeier in dieselfde pot waarin die spaghetti gekook het. Voeg ’n koppie water by en kook vir so 5-7 minute terwyl dit heeltyd geroer word.
  7. Gooi nou eier en kaasmengsel in ’n dun straaltjie by terwyl jy versigtig roer. Die kaas sal smelt en die sous sal verdik.
  8. Voeg ’n eetlepel botter en ’n halfkoppie volroommelk by.
  9. Meng nou die spaghetti, maalvleis, uie en spek by en roer goed deur. Skep in individuele bakkies vir elke gas.
  10. Gooi die heerlike Carbonarasous nou versigtig oor elke bakkie en strooi ’n klein bietjie kaas en groen kruie oor vir garnering.
  11. Bedien warm.
  12. Sit aan en geniet saam met gaste.
Exit mobile version